deur Helmut Burger | [Up]
GOD SE ONPEILBARE GENADE SOOS GEÏLLUSTREER DEUR DIE TWEE OPSTANDINGS - `N OMVATTENDE EKSIGESE
deur Helmut Burger, die ouderling van die Christian Biblical Church of God in Suid Afrika.
VOORAF
Die Christelike, Bybelse leringe wat hierin uiteengesit, ontleed en en bespreek word, is die leringe van die antieke kerk wat in die jaar 30 n.C., op die dag van die Fees van Weke, (ook Pinkster genome), totstand gekom het. Dit is ontdaan van enige mengemaakte interpretasies en tradisies. Skrywer het, wanneer `n Skrifgedeelte aangehaal word, die 1933 Afrikaanse Vertaling van die bybel gebruik, maar, skrywer het dit telkens met die beste letterlike vertaling van die bybel, “The Holy Bible In It`s Original Order – A Faithfull Translation,” uitgegee deur York Publishing Company, Hollister, Kalifornië, VSA, ISBN – 13:978-0-9819787-0-3, vergelyk. Skrywer het dan, indien daar `n wesenlike verskil is, `n vertaling in Afrikaans, uit laasgenoemde bybel gebruik.
Wat hieronder volg is gebaseer op transkripsies van preke, boeke en artikels te vinde op die webwerf van die Christian Biblical Church of God, en, uiteraard, jarelange studie van die Woord van God.
INLEIDEND
Wat Gebeur met die Dode? Sal jy, na jou dood, weer lewe? Presies waar sal jy die ewigheid spandeer? Miljoene mense vandag — en biljoene meer deur die geskiedenis — het nooit eers die geringste kans op verlossing gehad nie. Trouens, die meeste het nooit eers die naam van Jesus Christus gehoor nie — die enigste naam onder die hemel waardeur die mens gered kan word, (Hand. 4:12). Wat gebeur met sulke mense wanneer hulle doodgaan? Is hulle, soos meestal geglo word, “verlore?”
Om `n behoorlike begrip en insig in hierdie kwessie te hê moet mens eers bekendgestel word aan ware, God-geademde Bybelse lering oftewel doktrine, en nie menslike interpretasies en tradisies, wat, nie net deur die Rooms Katolieke Kerk nie, maar ook die sogenaamd “hervormde” Protestantse kerke en Ortodokse kerke aangehang word.
Ek handel derhalwe eerstens met die mees basiese Bybelse leringe, (welke gestaaf word uit die Woord van God), ten einde, wat daarop volg, te wete die waarheid oor die opstandings van die mens, in perspektief te plaas.
HOOFSTUK 1
DIE AARD VAN GOD
Die Godfamilie:
God, (die Hebreeuse woord is “Elohiem”, `n meervoudige naamwoord wat inherent meer as een beteken), is `n heilige Familie intelligente Wesens, uit gees saamgestel. Die Godfamilie is ewig en almagtig. Die Godfamilie is volmaak in liefde, doel en karakter. Die Godfamilie is Wetgewer, Skepper en Onderhouer van alle stoflikheid en lewe en onderhou en beheer die heelal. Die Skrif openbaar dat die Godfamilie die mens “na Ons beeld en na Ons gelykenis” gemaak het. Dus is God die werklikheid van die “beeld en die gelykenis” met verwysing waarna die mens gemaak is. Die Godfamilie bestaan tans uit God die Vader en God die Seun. Hierdie twee Lede van die Godfamilie het dieselfde vorm, of, “beeld en gelykenis”, wat Hulle aan die mens gegee het, alhoewel Hulle uit gees saamgestel is. Dit is een van Hulle oogmerke om die Godfamilie uit te brei. Ingevolge hierdie plan en doel gaan Hulle Hul ewige geestelike bestaan en Hulle eindelose skepping met daardie mense wie deur die opwekking uit die dood in die Godfamilie in wedergebore sal word, deel. Daardeur erf diegene Hulle manjifieke liefde, heerlikheid en mag as seuns en dogters van God vir ewig.[1]
God die Vader
God die Vader is die hoogste, heerlike, goddelike Geestelike Wese. Hy is die Soewereine Heerser van die heelal. God die Vader voer Sy wil uit deur die krag van Sy Heilige Gees. God die Vader, Wie alle mag en alle gesag het, is liefde. Hy het volmaakte, heilige karakter en is vol genade en barmhartigheid. God die Vader is groter as Sy Seun, Jesus Christus, maar deel alles wat Hy het met Sy Seun. God die Vader het Sy Seun Jesus Christus gestuur om die Vader se liefde en genade en Sy grootse plan vir die hele mensdom, te openbaar. God die Vader roep elke indiwidu direk tot redding, skenk bekering en verleen die Heilige Gees as `n verwekking sodat sodanige indiwidu `n kind van God die Vader word. God die Vader het elkeen wie Hy roep persoonlik lief en is direk betrokke by die lewe van so `n persoon en verleen deurlopend Sy liefde, genade, barmhartigheid en seën aan so `n persoon sodat hy of sy dieselfde liefdevolle, volmaakte en regverdige karakter as Hy kan ontwikkel. Hy hoor en beantwoord persoonlik die gebede van al Sy verwekte kinders.[2]
God die Seun, Jesus Christus van Nasaret
Voor Sy geboorte as mens het die Elohiem van die Godfamilie Wie die Seun geword het, uit ewigheid uit saam met die Elohiem van die Godfamilie Wie die Vader geword het, bestaan. Alle dinge is deur God die Vader geskep deur God die Seun. In die Ou Testament word die Seun as die Here God en Wetgewer geopenbaar en in die Nuwe Testament as die Woord van God. Ten einde die Verlosser van die hele mensdom te word het Hy Homself gewilliglik ontdoen van Sy posisie in die Godfamilie deur van Sy majesteit, heerlikheid en mag afstand te doen om `n vleeslike mens te word, gebore uit die maagd Maria maar verwek deur God die Vader, Wie ook bevel gegee het dat Sy naam Jesus moes wees.(Jesus is die Griekse vertaling van die Hebreeuse - Jehoshua of Joshua - wat “Jehowa is verlossing”, beteken). Sy volle Nuwe Verbondsnaam is Jesus Christus van Nasaret. Hy was as mens van sondige menslike vlees aan dieselfde versoekinge onderworpe as elke mens maar het nooit gesondig nie. As die volmaakte Lam van God het Hy Homself gegee om as God die Vader se spesiale, unieke offerande, deur Sy kruisiging, as versoening vir die hele mensdom se sondes te dien. Nadat Hy vir drie dae en drie nagte in die graf dood was is Hy deur die mag van God die Vader opgewek tot ewige lewe en het Hy sodoende die Eersgeborene vanuit die dood geword. Hy is toe weer met die volle goddelike aard en mag van die Godfamilie beklee. Hy het in die hemel in opgevaar om aan die regterhand van God die Vader te sit as die mensdom se Hoëpriester, Voorspraak en Middelaar by die Vader en as Hoof van die kerk. Jesus Christus sal in die mag en die heerlikheid van Sy Vader na die aarde terugkeer om die koninkryk en die regering van God op aarde te vestig. As Koning van konings en Here van here sal Hy die aarde vir ewig saam met Sy broers en susters, die kinders van God die Vader, regeer. [3]
DIE AARD VAN DIE MENS
Een van die Elohiem, (meervoudige selfstandige naamwoord in Hebreeus), van die Godfamilie, (toe en tans bestaande uit God die Vader en God die Seun), Wie later Jesus Christus geword het, het persoonlik vir Adam en Eva met Sy eie hande gemaak. Hy het hulle na die beeld en gelykenis van God, of Elohiem, gemaak maar ietwat minder as God. Mense is van vlees en bloed gemaak en beskik nie oor inherente onsterflikheid nie. Nietemin het God aan die menslike brein `n geestesessens toegevoeg wat die “gees van die mens” genoem word. Hierdie geestelike dimensie in die mens se brein verleen redenasievermoë en intellek en die vermoë om te dink, praat, leer, skryf, beplan, ontwerp, skep, bou, beheer, onderrig, kies, aanbid, om karakter te bou en om elke emosie te ervaar. God het man en vrou gemaak met die vermoë om intieme, persoonlike liefde vir mekaar, as man en vrou te betoon en, deur hierdie fisiese vereniging kinders na hulle eie soort te hê en so families, familiegroepe, stamme en volke voort te bring.
Adam en Eva is sondeloos geskape maar wel met `n natuur wat onderworpe was aan versoekinge. God het aan hulle vryheid van keuse gegee, om te kies tussen gehoorsaamheid en lewe en ongehoorsaamheid en dood. Nadat hulle gesondig deur van die boom van kennis van goed en kwaad te eet, het God hulle gevonnis om die pyn en smart van die lewe met `n sondige natuur te ly en uiteindelik die straf van die dood te maai. Hierdie straf van die dood is oorgedra na die ganse mensdom deur die fisiese oorerwing van die sondige menslike natuur. Die menslike natuur is inherent en van nature vyandiggesind teenoor God en onderwerp dit nie aan Sy wette en gebooie nie. Die menslike natuur is van geboorte af `n mengsel van goed en sleg en almal sterf in Adam. Wanner `n persoon sterf kom sy of haar bewustelike gedagtes tot `n einde. Die liggaam keer terug na die stof van die aarde en die gees van die mens gaan na God toe terug. Slegs deur God die Vader se genadevolle en barmhartige plan van redding deur Jesus Christus is dit vir `n mens moontlik om losgekoop en gered te word van hierdie sondige natuur van dood. God se uiteindelike doel vir elke mens is volkome versoening met God die Vader deur Jesus Christus sodat hy of sy by die Godfamilie kan aansluit as `n letterlike seun of dogter van God, deelnemende in dieselfde ewige bestaan as God.[4]
DIE LIEFDE VAN GOD
God se Liefde vir Ons
Die liefde van God is geopenbaar daardeur dat die Godfamilie die mens na Hulle beeld en na Hulle gelykenis geskape het en aan die mens heerskappy oor die ganse aarde, welke God mildadig vir die mens geskep het, gegee het. God die Vader se diepgaande geestelike liefde word ten volle aan die mensdom gemanifesteer deur Sy oorkoepelende plan soos geopenbaar in die Nuwe Testament, in die lewe, dood en opstanding van Sy seun, Jesus Christus. In Sy grootse liefde bied God die Vader aan elke mens die geleentheid om in die Godfamilie in gebore te word deur die opstanding uit die dood, waardeur diegene letterlike kinders van God die Vader word met dieselfde vorm en geestelike samestelling as die van God die Vader en God die Seun. God se liefde en versoening word nou uitgestrek na diegene wie Hy roep en sal uitgebrei word na die hele mensdom volgens Sy plan. God die Vader se liefde word aan diegene wie Hy nou geroep het geopenbaar deur Sy genade en barmhartigheid wat Hy daagliks deur Jesus Christus betoon, sy deurlopende tussenkoms en seëninge en die sorg waarmee Hy hulle tug.[5]
DIE GENADE VAN GOD
Genade is die gratis en onverdiende gawe van God die Vader deur Jesus Christus. Die genade van God is die grootste betoning van God die Vader se liefde en allesomvattende barmhartigheid. Genade is meer as die vergifnis van sonde. Om onder genade te wees beteken om voortdurend God se liefde, guns, seën, sorg, hulp, welwillendheid, voordele, gawes en goedheid te ontvang. God die Vader is die bron vanwaar genade na die gelowige kom. Die ENIGSTE WYSE waarop genade aan die gelowige verleen word is deur die geboorte, lewe, kruisiging, dood en opstanding van Jesus Christus as die volmaakte offer van God die Vader. Die gelowige kom onder die genade van God deur geloof in die offerande van Jesus Christus ter vergifnis van sy of haar sondes. God die Vader verleen Sy genade aan elke gelowige by bekering van sondes en doop deur onderdompeling, welke die uiterlike manifestasie van bekering is. Deur genade word die gelowige se sondes vergewe en die geregtigheid van Jesus Christus aan hom of haar toegeskryf.
Genade vestig `n nuwe geestelike verhouding tussen die gelowige en God die Vader en Jesus Christus. Deur die onverdiende en onverdienstelike gawe van genade word die gelowige nie net, gekies, geroep, vergewe en aanvaar deur God die Vader deur Sy Geliefde nie maar word hy of sy ook verwek deur die Heilige Gees wat van hom of haar `n kind van God maak en `n erfgenaam van ewige lewe. Van hierdie tydstip af begin die geestelikverwekte gelowige `n nuwe lewe onder genade. Soos wat die Skrif openbaar vereis lewe onder genade van die gelowige om volgens elke woord van God met volkome liefde en toegewydheid aan God die Vader en Jesus Christus te lewe. Genade gee nie aan iemand `n “lisensie” om sonde te be-oefen deur die gebooie van God te ignoreer of te verwerp nie. Slegs diegene wie Sy gebooie hou kan in Sy liefde wandel en onder Sy genade bly. Elke gelowige wie die genade van God ontvang het `n persoonlike verpligting teenoor God die Vader en Jesus Christus om sy of haar ou sondige gedagtes en praktyke te versaak en `n nuwe lewe te lewe en om elke dag in die genade en kennis van Jesus Christus te groei. Vir elke gelowige wie onder genade lewe tree Jesus Christus as Verlosser, Hoëpriester en Voorspraak op. As die gelowige `n sonde begaan doen Hy bemiddeling, is Hy `n Voorspraak by die Vader ter versoening en verkryging van God se genade en barmhartigheid. Die genade van God wat deur Jesus Christus kom hou die bekeerde gelowige in `n voortdurende staat van blaamloosheid en sondeloosheid.[6]
DIE KONINKRYK VAN GOD
Die koninkryk van God is die regering van die Godfamilie. Die koninkryk van God heers tans oor die heelal. Alhoewel die koninkryk van God nie nou oor die aarde regeer nie, is almal wat die Gees van God het onder die heerskappy van God die Vader deur die heerskappy van Jesus Christus. Die koninkryk van God sal heringestel word op aarde by die wederkoms van Jesus Christus as Koning van konings en Heer van here. Op daardie tydstip sal die Duisendjarige Ryk begin en sal die onsterflike heiliges, as die seuns van God, as konings en priesters saam met Jesus Christus in die koninkryk van God heers. Nadat God die Vader die nuwe Jerusalem vanaf die hemel na die nuwe aarde gebring het sal die koninkryk van God vir ewig oor die hele heelal heers vanuit die nuwe Jerusalem.[7]
EWIGE OORDEEL
God oordeel nou elke gelowige wie op hierdie tydstip geroep is. God se oordeel van `n persoon begin wanneer Hy sy of haar verstand open om God se lewenswyse te verstaan. Met Sy liefde, genade en barmhartigheid gee God aan elkeen wie toegee aan Sy Heilige Gees, die sterkte en krag om in liefde, geloof en genade te groei en om menslike natuur, die wêreld en Satan die duiwel, te oorkom. God die Vader hou elke indiwidu persoonlik verantwoordelik om in kennis van Sy Woord en in die geestelike statuur en volheid van Sy Seun, Jesus Christus, te groei. Soos wat die gelowige God met sy of haar hele hart liefhet en in getroue gehoorsaamheid aan Sy Woord lewe, word die geregtigheid van Jesus Christus aan hom of haar as `n gawe van God toegereken. Die gelowige word dan geoordeel as synde in geheel regverdig en blaamloos voor God die Vader te wees. Almal wat in hierdie toegerekende geregtigheid van geloof bly sal in die eerste opstanding wees en sal die ewige lewe met die terugkeer van Jesus Christus ontvang.
Diegene wat deur die eeue nie geleentheid tot redding gedurende hulle leeftyd gehad het nie sal tot fisiese lewe herstel word met die tweede opstanding wat na die duisendjarige heerskappy van Jesus Christus en die heiliges, sal plaasvind. Elkeen wat met die tweede opstanding opgewek word sal dieselfde geleentheid tot redding as diegene van die eerste opstanding hê. Elkeen sal die weg van redding geleer word en sal die geleentheid tot bekering kry en om die offerande van Jesus Christus ter vergifnis van sonde, te aanvaar. Aan elkeen sal dieselfde tydsperiode gegee word om God se weg van redding te kies. Hierdie tydperk, wat die Groot Wit Troon Oordeel genoem word, sal klaarblyklik vir 100 jaar duur. Gedurende hierdie tydperk sal elkeen wie in ooreenstemming met God se wil leef en in genade en in kennis en in die karakter van Jesus Christus groei, ewige lewe ontvang.
Teen die einde van hierdie tydperk van oordeel sal almal wie redding gekies het die koninkryk van God as geesseuns van God binnegegaan het. Op daardie tydstip sal almal wie die geleentheid op redding verwerp het, tot die tweede dood veroordeel word – hulle ewige oordeel. Al die ongeneeslik verharde boses van alle eeue wat die onvergeeflike sonde begaan het, en wie opsetlik die redding van God verwerp het, sal tot fisiese lewe opgewek word om by die lewende boses aan te sluit ten einde hulle ewige oordeel – die tweede dood, te ontvang. God sal al die onversetlike boses gelyktydig in die poel van vuur vernietig. Hierdie is die tweede dood waaruit daar geen opstanding is nie.[8]
HOOFSTUK 2
Wat Gebeur met die Dode? Sal jy, na jou dood, weer lewe? Presies waar sal jy die ewigheid spandeer? Miljoene mense vandag — en biljoene meer deur die geskiedenis — het nooit eers die geringste kans op verlossing gehad nie. Trouens, die meeste het nooit eers die naam van Jesus Christus gehoor nie — die enigste naam onder die hemel waardeur die mens gered kan word, (Hand. 4:12). Wat gebeur met sulke mense wanneer hulle doodgaan? Is hulle, soos meestal geglo word, “verlore?” Ortodokse Christendom hou voor dat die dood nie veel meer is as die dood van die liggaam nie, terwyl die steeds bewuste “onsterflike siel” na `n ewigheid van saligheid in die hemel, of `n ewigheid van marteling in `n ewigbrandende hel gaan. Maar wat leer die Bybel werklik oor die dood en die staat van die dode? Wat is die lot van die biljoene wat nooit verlossing deur Jesus Christus geken het nie? Is die Siel Onsterflik? Interresant genoeg, gee Ortodokse Christendom in geheel nie eens voor dat sy geloofsopvattinge uit slegs die Bybel kom nie. Baie hiervan is in werklikheid van heidense oorsprong. Die konsep van die “onsterflike siel,” byvoorbeeld, kom nie uit die Bybel nie. As jy glo dat die Bybel die Woord van God is en die enigste betroubare bron van kennis aangaande God, dan ontstaan die vraag, “Wat leer die Bybel oor lewe na die dood?” Die meeste hedendaagse godsdienstige leiers verkondig die onsterflikheid van die siel tenspyte van die feit dat die Bybel die presiese teenoorgestelde leer – dat die menslike siel sterflik is. Dit kan STERF, (Esegiël 18:20). Slegs God is onsterflik, (I Tim. 6:15-16). Die onsterflike siel gedagte kan teruggevoer word na antieke Babiloniese mitologie wat, in verskeie weergawes, versprei het in die destydse beskaafde wêreld en uiteindelik gesentreer het in Egipte tydens die derde en tweede milleniums voor Christus. Griekse mitologie het in hoofsaak uit Egipte gekom en sy gode was eenvoudig die ou Egiptiese gode met ander name. Gedurende die sogenaamde “goue era” van die Griekse beskawing is die geloof in verskeie gode langsamerhand deur `n corpus van die filosofie van Sokrates, Plato en Aristoteles bedek. `n Belangrike deel van Platoniese filosofie was gebaseer op die veronderstelde dualistiese aard van die mens – die gedagte van `n onsterflike siel wat vasgevang is in `n materialistiese liggaam. Hiervolgens is die “innerlike mens” eintlik `n “onsterflike siel” wat sy oorsprong in die hemel het en na benede gekom het om vasgevang te word in `n materiële, fisiese liggaam. Die materiële liggaam was geag tydelik en noodwendig boos te wees. Derhalwe was die hoop van die “geestelike mens” dat sy bewustelike onsterflike siel na die hemel kon terugkeer met die dood van die materiële liggaam. Die meeste post-apostoliese “kerkvaders” het met idees soos die van die onsterflike siel grootgeword voordat hulle “Christene” geword het. Deur hulle hoogs invloedryke skrywes het hulle uiteindelik hierdie idees ingeboesem in die leringe van die Roomse Kerk. Die Protestantse Hervorming – alhoewel dit sommige dwaalleringe reggestel het – het egter die dwaallering van die onsterflike siel voortgesit, welke lering tot vandag toe Protestantse en Katolieke lering onderlê. Wat die Bybel oor die siel sê, behoef `n mate van studie. Die Hebreeuse woord wat as siel vertaal word, is nêfesj. Dit word gedefinieer as `n skepsel wat asemhaal, d.i., dier of, (abstrak), lewenskrag, (“vitality,” in Engels). (Strong`s Exhaustive Concordance of the Bible, Hebrew Lexicon, item 5315). Die verskillende gebruike van nêfesj verwys eenvoudig na die fisiese lewe van lug-ademende skepsels — insluitend die mens. Eerder as om afsonderlik van die fisiese liggaam te wees, is die siel onafskeidbaar met die liggaam saamgesmelt. Toe God Adam geskape het, het Hy hom – nie net sy liggaam nie – “uit die stof van die aarde” geformeer. Let daarop dat Adam nie `n siel ontvang het nie, maar `n “lewende siel”, (nêfesj), geword het. (Gen. 2:7). Die siel is wat `n mens is – nie iets wat hy “het” nie. Dit is die volkome wese, beide fisies en nie-liggaamlik. Kan `n siel sterf/doodgaan? Ons lees in Esegiël 18:4, “die siel,( nêfesj), wat sondig, die moet sterwe.” (Nie slegs die liggaam nie). Vir beklemtoning word hierdie stelling in vers 20 herhaal. Sommiges verwys na wat Jesus in Mattheus 10:28 gesê het – “moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie” – maar hulle versuim om die res van die gedeelte te lees. “maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe [appoeloemie in Grieks, wat vernietig beteken] in die hel [Grieks, gehenna].” Let daarop dat Christus NIE gesê het dat hierdie gehenna vuur die siel vir ewig brand nie, maar dat dit die siel VERNIETIG – opbrand sodat dit nie langer bestaan nie. Christus het dit duidelik gemaak dat die siel NIE onsterflik is nie en geen lewe of bewussyn het afsonderlik van die liggaam nie. 'n Verwarring tussen Siel en Gees: Die wanbegrip wat betref die bybelse lering van die siel kan moontlik toegeskryf word aan die feit dat die Bybel ook leer dat die mens 'n gees het. Die Hebreeuse woord wat as "gees" vertaal word is roeag, wat soms ook as "asem" vertaal word. Job 32:8 sê daar is 'n "gees in die mens." Verskeie skrifgedeeltes in Spreuke verwys na hierdie menslike gees (Spr. 15:13; 16:32; 20:27; 25:28). Die innerlike gees, wat ons almal het, is nie 'n afsonderlike of bykomstige "wese," of 'n "onsterflike siel" wat binne ons vasgevang is nie. Dit is 'n nie-fisiese dimensie wat God aan elkeen van ons by konsepsie gee en wat ons in werklikheid menslik maak (Jes. 42:5; Sag. 12:1). Dit is die menslike gees, toegevoeg tot ons brein, wat aan ons bewustelike verstand met self identiteit gee. Dit maak dit vir ons moontlik om komplekse onderwerpe aan te leer soos taal, wiskunde en ontwerp (I Kor. 2:11). Die menslike gees is die somtotaal van alles wat nie fisies is nie - ons gedagtes, verbeelding, planne, hoop, drome, gevoelens, emosies en gesindheid - dit maak elkeen van ons wie en wat ons is. Die menslike gees voorsien ook aan God wat vergelyk kan word met 'n "bandopname" van alles wat ons is - en met ons dood terugkeer na God (Pred. 12:7). God kan dan hierdie "opname" gebruik om ons op te wek tot 'n fisiese (of geestelike) lewe met alles van wat en wie ons is, in plek. Dit is belangrik om te verstaan dat, selfs met die toevoeging van die menslike gees, dit die hele fisiese en geestelike geheel is wat die mens daarstel - die siel. Die hele mens is 'n siel, het nie 'n siel nie. Nie die siel of die menslike gees behou enige bewussyn na dood nie (Ps. 146:4). Deur bekering word ons menslike gees en God se Heilige Gees saamgevoeg (Rom.8:16). Dit is deur die werking van God se Gees tesame met ons gees in ons verstand dat ons in staat gestel word om die dinge van God te verstaan (IKor. 2:11). Diegene wat God se Heilige Gees tot hulle menslike gees toegevoeg gedurende hierdie lewe het, word, met die dood, "die wat in Christus gesterf het" (I Thes. 4:16, sien ook Bylaag). Wat is die Dood? Wat die Bybel leer oor die dood en die staat van dode, is duidelik. Wat die Skrif leer wat betref die verskil tussen die lewende en die dooie is nie ‘n kwessie van plek nie maar ‘n kwessie van die bewustelike en die onbewustelike. Die dood is die algehele beëindiging van lewe, insluitende die bewussyn. Die enigste hoop vir die dode is ‘n opwekking, (opstanding), terug na ‘n bewustelike lewe, trouens, die Bybel tref geen onderskeid tussen die dood van die mens en die dier nie (Pred. 3:19,20). Die dood is vir almal dieselfde – vir die regverdige en die onregverdige, die getroue en die ontroue (Pred. 9:2). Die dooie se gedagtes is daarmee heen – hy of sy weet niks meer nie, het geen bewussyn meer nie (Pred. 9:5; Ps 146: 4). Hulle kyk nie af na die aarde vanuit die “hemel” nie en braai ook nie iewers in ‘n “hel” onder die aarde nie. Hulle is eenvoudig dood. Gaan Mense Hemel toe? Baie is verras om te hoor dat die Bybel nie leer dat enigiemand hemel toe gaan nie. Inteendeel, Christus, die outeur van ons Christelike geloof, (wie se woorde sekerlik meer gewig behoort te dra as enige godsdienstige leier s`n), het nadruklik gesê dat niemand in die hemel opgevaar het nie (Joh. 3:13). Petrus voeg verder by dat koning Dawid nie in die hemele opgevaar het nie (Hand. 2:34) – hy is eenvoudig dood. Hebreërs 9:27 sê dat dit vir die mens bestem is om een maal te sterwe. Hierdie eerste dood, (wat dekades of eeue kan duur), is nie ‘n beloning of ‘n straf nie. Dit is eenvoudig maar net wat met almal gebeur. In koning Dawid se geval, omdat hy in die geloof gesterf het, sal in ‘n toekomstige opstanding, die beloning van die getroues ontvang – die ewige lewe. Soos al die ander heiliges wat gesterf het, wag hy in sy graf vir die opstanding. Nog ‘n onskriftuurlike en blatant valse lering, (wat ook op die idee van die “onsterflike siel” gegrond is), welke uit die Rooms Katolieke Kerk kom, is dat mens na dood na ‘n vagevuur gaan om daar skoon gemaak te word van sonde waarna mens hemel toe gaan. Dit spreek vanself dat daar geen verwysing, hoegenaamd, na so iets in die Bybel is nie, trouens, die blote gedagte ontken die offerhande van Christus vir die vergifnis van sonde. Wanneer ‘n mens waarlik bekeerd is – deur sy of haar sondes te bely en Christus te aanvaar as persoonlike Verlosser en Saligmaker – word sy of haar gedane sondes volkome vergewe. Mens hoef geen straf daarvoor te ondergaan nie – nie nou nie en ook nie na dood nie. Die Opstanding – ‘n Christen se Ware Hoop. Job vra die vraag in hoofstuk 14 vers 14, “Job 14:14-15 As ‘n mens sterwe, sal hy weer lewe?” Hy gee die antwoord, “ Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom; U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.” (Die woord “aflossing” in die Ou Vertaling van die Afrikaanse bybel, is niksseggend. Die korrekte woord is “verandering”). Hierdie verandering vind nie direk na die dood plaas nie. Job het geweet dat hy vir ‘n onbekende tyd in sy graf sal moet wag totdat God hom opwek tot ‘n veranderde staat - van dood na lewe. Weereens, ons moet na die woorde van Jesus luister, nie na die woorde van mense nie. Die mees aangehaalde vers in die Bybel, Johannes 3:16, is seker die vers wat terselfdertyd die minste verstaan word. “ Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie” – wat? Hel toe gaan nie maar hemel toe? Is dit wat Christus gesê het? Hierdie skrifgedeelte gaan nie daaroor om vir ewig in ‘n slegte of ‘n goeie plek te wees nie. Die plek is nie die kwessie nie. Christus het gesê dat hulle wat in Hom glo “nie verlore mag gaan nie” – wat beteken om, as vleeslike wese, op te hou bestaan – “ maar die ewige lewe kan hê.” In die boek Handelinge en regdeur die sendbriewe beskryf Paulus en die ander apostels die Christelike hoop as synde die opstanding. As versekering aan Christene van hierdie hoop maak Paulus dit in I Korinthiërs 15 duidelik dat Jesus se opstanding absolute bewys is van die heiliges se toekomstige opstanding. Hy bemoedig die Thessalonisense met soortgelyke woorde (I Thess. 4:13-18). Verwysend na die opstanding van die ware Christen, (sien Bylaag),het Christus herhaaldelik gesê, “ek sal hom opwek in die laaste dag.” (Joh. 6:39,40,44,54; 11:24). Wanneer maak God Sy finale besluit, te wete, of ‘n persoon ewig sal lewe of tot niet sal gaan? Maak God daardie besluit op die oomblik van dood? Vir daardie klein minderheid wat tot bekering en God se genade geroep is, is dit nou die tyd van oordeel, maar vir die oorgrote meerderheid van mense het die tyd van oordeel nog nie gekom nie. Onthou dat die eerste dood nie ‘n beloning of ‘n straf is nie – want in Adam sterwe ons almal (I Kor. 15:22). Die oorgrote meerderheid dode wag eenvoudig die opstanding af wanneer hulle geleentheid van “oordeel” sal aanbreek. Is Vandag die enigste Dag van Redding? Volgens hoofstroom Christendom is ‘n persoon vir ewig verlore as hy of sy nie nou, gedurende hierdie leeftyd, “gered word” nie. Hoe opreg die bedoeling agter hierdie lering ookal mag wees – dit is eenvoudig nie reg nie. Die Bybel leer nie dat hierdie, eerste aardse lewe die enigste tyd is waartydens mens verlos kan word nie! Satan, die “god van hierdie wêreld” (II Kor. 4:4), het op die oomblik die godsdienstige en burgerlike leiers onder sy invloed en mislei hulle om elke hoek en draai (Openb. 12:9). Gevolglik vind ons ‘n wêreld van kultuur en tradisie waarin samelewings verskans is in ‘n valse lewenswyse. Meeste mense is so deurdrenk met die weë van hierdie wêreld dat dit vir hulle onmoontlik is om die waarheid van God te verstaan – en, sal hulle onwillig wees om God se lewenswyse te volg selfs sou hulle verstaan. Dit is hoekom, soos Paulus in Romeine 11:32 sê, God hulle “in die ongehoorsaamheid ingesluit” het – maar net vir ‘n tyd – “om vir almal barmhartig te kan wees” in ‘n toekomstige tyd van oordeel. Voeg daarby die feit dat die natuurlike menslike verstand die vermoë kortkom, ja, selfs nie die begeerte het, om geestelike waarheid te verstaan nie (I Kor 2:11,14). Slegs as God, deur Sy Gees, ‘n persoon roep – dit is om die verstand van ‘n indiwidu te open en begrip van Sy waarheid te verleen – kom daardie persoon tot sondebesef en bekering in sy of haar lewe (II Kor.7:9-11; Joh.6:44; Rom. 2:4; Fill. 2:13). Christus het aan Sy dissipels getoon dat hierdie “roeping” NIE uitgebrei is na die meeste mense tydens hierdie lewe nie. Hulle het Hom gevra waarom Hy tot die massas in vergelykings spreek. Hy het geantwoord, “ Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word, ook wat hy het. Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.” (Matt. 13:11-15). Tot nou toe is daar maar net ‘n baie klein minderheid van die mensdom deur God geroep – en nog minder het geantwoord en tot bekering gekom en God se Heilige Gees ontvang. Hierdie paar, hierdie “klein kuddetjie,” soos wat Christus na Sy ware kerk verwys, stel die “huis van God” daar. Petrus skryf in I Pet. 4:17 dat nou, gedurende hierdie lewe, die tyd is “dat die oordeel moet begin by die huis van God.” Derhalwe, as ‘n persoon “in die geloof” (of, anders gestel, “in Christus”), te sterwe kom, het sy of haar oordeel deur God reeds plaasgevind. God het Sy finale besluit geneem dat daardie persoon in Sy Koninkryk sal wees en sy of haar naam in die “Boek van die Lewe” geskryf. Daar sal ‘n aantal wees wat die onvergeeflike sonde gepleeg het – dit is om, met volle kennis en begrip van die waarheid en die weg tot verlossing God se genade en verlossing te verwerp en die keuse te maak om nie tot bekering te kom nie en weg te draai van die weg van sonde na God se weg toe nie. Vir hulle – en net God weet wie hulle is – is die oordeel ook finaal gevel. Vir hulle wag die opstanding van die boses en hulle lot is die tweede dood in die poel van vuur. Hierdie poel van vuur, (gehenna in Grieks), is ‘n verterende vuur wat die onboetvaardige boses totaal vernietig. Jesus het gewaarskyu om Hom te vrees wat beide “siel en liggaam” in hierdie vuur kan vernietig ( Matt. 10:28). In Maleagi 4:1-3 sien ons dat die goddeloses, as, onder die voetsole van die gelowiges sal wees. `n Tweede Opstanding. Soos ons gesien het, bly diegene wat in Christus gesterf het in hul grafte totdat Hy hulle opwek “in die laaste dag.” (Job 14:14; Joh. 5:25; 6:39, 40,44, 54; I Thess. 4:13-16; I Kor. 15: 50-54; Matt. 24:30,31; Openb. 20:4-6). Op daardie tydstip sal Christus hulle opwek tot ‘n bonatuurlike, geestelike staat – om net soos Christus self te wees (I Joh. 3:1,2; Fill. 3:21; II Pet. 1:4; Daniel 12:3). Maar wat van die res van die wat dood is? Hulle oordeel het nog nie plaasgevind nie. Wanneer kry hulle ‘n kans tot verlossing? In Openbaring 20 vers 5 skryf Johannes dat die opwekking van die wat in Christus gesterf het, (wat plaasvind met Christus se wederkoms), slegs die “eerste opstanding” is. Hy voeg by dat “die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie.” Dus is daar ‘n tweede opstanding. In dieselfde hoofstuk, vers twaalf, lees ons, “En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan.” Hier sien ons die “tweede opstanding” afgebeeld – die opstanding van elke mens wat ooit gelewe het en NIE in die geloof gesterf het nie – diegene wat nooit geroep is en tot bekering gekom het in hulle eerste lewe nie. Hulle kom nou voor Christus se “wit troon” van oordeel. Soos met die meeste bybelse onderwerpe, word die hele storie nie op een plek vertel nie. In Esegiël 37 kry ons ‘n verdere beeld van die tweede opstanding – handelende spesifiek met die dode van Israel en hulle herlewing tot ‘n fisiese lewe in die toekoms. Hulle tel onder die “res van die dode” – wat nie in Christus gesterf het nie – wat voor God se troon verskyn in Openbaring 20:12. Onthou, die “ander dode” (Openb. 20:5), sluit almal in wat nie in die eerste opstanding was nie – wat die oorweldigende meerderheid Israeliete wat oor die eeue heen gesterf het, sal insluit. Let daarop, in Esegiël 37, dat God, nadat Israel tot lewe terugebring is, Sy Heilige Gees aan hulle gee. Ten einde God se gees te ontvang sal hulle hulle egter eers moet bekeer soos wat Petrus aandui in Handelinge 2:38. Hierdie uit-die dood-opgewekte Israeliete sal, klaarblyklik, saam met die res van die mensdom voor Christus se “wit troon” moet verskyn om verantwoording te doen van hulle optrede in die verlede. Die meeste, indien nie almal nie, sal tot die besef van hulle sondige aard kom en boetvaardiglik Christus as hulle verlosser aanvaar en hulle sondes vergewe kry. Hulle sal God se Heilige Gees ontvang en ‘n gelukige nuwe fisiese lewe ly. (Dit lyk asof Jesaja 65:20 aandui dat hulle tot so lank as 100 jaar `n nuwe fisiese lewekan ly ten einde in genade en kennis te groei en geestelike karakter te bou voordat hulle uiteindelik in die Koninkryk van God opgeneem word.)
HOOFSTUK 3
OPSOMMEND - DIE OPSTANDINGS ILLUSTREER GOD SE ONPEILBAAR GROOT GENADE.
Die Bybel openbaar twee duidelik onderskeibare tipes opstanding uit die dood: 1) herstel tot fisiese lewe as `n vleeslike mens, en, 2) transformering tot ewige lewe as `n onsterflike geestelike wese.
Die Skrif is rekord van die opstanding van indiwiduele mense tot fisiese lewe, op verskillende tye, deur die wil van God. So was daar, in Ou Testamentiese tye, `n weduwee se seun deur die gebed van die profeet Elijah tot lewe herstel. Jesus se opwekking van Lasarus uit die dood is `n welbekende voorbeeld uit Nuwe Testamentiese tye. Hierdie was spesiale barmhartigheidshandelinge van God wat die fisiese lewe van die indiwidue verleng het. Diegene wie God op hierdie wyse opgewek het is nie onsterflikheid gegee nie maar het almal weer gesterf.
Jesus Christus was die eerste om tot onsterflikheid opgewek te word deur die krag van God die Vader. Ten einde mens te word het Jesus Homself van Sy heerlikheid en mag as die Here God van die Ou Testament, ontdaan. Nadat Hy uit die dood opgewek is, is Hy tot Sy volle heerlikheid, mag en eer, as God, herstel. Jesus Chistus word die Eersgeborene vanuit die dood genoem want Hy is die eerste van veelvoudige miljoene wie tot onsterflikheid opgewek sal word. Die Bybel stel dit duidelik twee kategorieë mense in die Eerste Opstandings al wees. Wanneer Jesus Christus terugkeer na die aarde sal alle ware Christene wie gesterf het, (sien Bylaag), opgewek word tot die ewige lewe as onsterflike geestelike wesens, (sien hieronder wat daarmee bedoel word). Daardie Christene wat nog leef met die wederkoms van Jesus Christus sal in `n oogwink van vlees na gees verander word. Hierdie transformasie na gees is die nuwe geboorte, wanneer die heiliges van God -dood en lewend- waarlik “wedergebore” word, in die Godfamilie in. Al die heiliges sal uit gees saamgestel wees, net soos wat God uit gees saamgestel is, en sal volwaardige lede van God se goddelike Familie wees. Hulle sal saam met Jesus Christus as konings en priesters op die aarde heers. Hierdie opstanding word in die Bybel as die eerste opstanding beskryf.
Na die duisendjarige heerskappy van Jesus Christus en Sy heiliges, sal daar `n opstanding tot fisiese lewe van diegene wie sonder `n geleentheid tot redding gesterf het, wees. Gedurende hierdie tweede fisiese lewe sal elkeen van hulle sy of haar eerste en enigste geleentheid tot redding deur Jesus Christus kry. Diegene wie die redding van God ten volle aanvaar sal die Godfamilie as geestelike wesens binnegaan. Diegene wie egter die redding deur Jesus Christus verwerp sal tot die ewige dood veroordeel word. By hulle sal al die onbekeerbare verharde boses wie deur die hele geskiedenis gesterf het, en ook tot fisies lewe opgewek sal word, aansluit. Almal wat geweier het om redding te aanvaar en wie wetend en opsetlik die onvergeeflike sonde - laster teen die Heilige Gees van God die Vader - gepleeg het, sal opgewek word om die finale oordeel van God te ontvang. Hulle vonnis sal wees om in die poel van vuur te sterf. Hierdie is die tweede en finale dood waaruit daar geen opstanding is nie.
BYLAAG
Wie en Wat Is `n Ware Christen?
Die wêreld huldig verskeie menings oor wie en wat `n "Christen" is of nie is nie. Sommige dink `n Christen is iemand wat uit `n Christelik-belydende gesin gebore is en deur `n priester of predikant gedoop is. Ander sê weer `n Christen is iemand wat "sy hart aan die Here gegee het" en "wedergebore"is - of selfs, iemand wat slegs daarop aanspraak maak om `n Christen te wees.
Kan dit egter gebeur dat iemand kan lewe en sterwe, aannemende dat hy of sy `n Christen is - net om in die Oordeel uit te vind dat God nooit hulle weergawe van "Christelikheid" erken het nie? Christus het, inderwaarheid, aangaande die einste moontlikheid gewaarsku in Mat. 7:21-23.
Wat maak waarlik van `n mens `n Christen? Hoe beskryf GOD `n Christen in Sy geïnspireerde woord - die Bybel? Ernstige volgelinge van Christus sal hulle Bybels ywerig bestudeer om die ware definisie van `n Christen te verstaan - en om seker te maak dat hulle, inderdaad, ware Christene is (II Tim. 3:15-17). Hulle sal hulle verstand en hart daarop sit om God die Vader en Jesus Christus met hulle hele hart en hele verstand en al hulle krag lief te hê (Mrk. 12:28-30). Hulle sal hulle daarop toelê om deur elke woord van God te lewe (Mat. 4:4; Luk. 4:4; Deu. 8:3). en om alle dinge teen die Skrif te toets (I Ths. 5:21; Hnd.
17:10-12).
Nie Langer Onder die Straf vir Sonde Nie
Deurslaggewend tot begrip van die Bybelse definisie van `n Christen is die feit
dat alle mense sondaars was, onsself ingesluit (Rom. 3:23). Die straf vir sonde is permanente dood (Rom. 6:23). `n Christen is iemand wat tot die besef gekom het dat hy of sy onder daardie doodstraf was en `n Verlosser nodig gehad het. `n Christen verstaan dat Jesus Christus daardie straf betaal het deur aan die kruis te sterf terwyl Hyself volkome onskuldig aan enige sonde was (II Kor. 5:21; I Joh. 2:2, 4:10; Opb. 1:5, 5:9). `n Christen leer, presies wat, sonde is - en wat die doodstraf in die eerste plek oor hulle gebring het. Weereens het die wêreld sy eie idees oor wat sonde is, of nie is nie, maar die Bybel definieer sonde vir ons as wetteloosheid, ("transgression of the law", vlg. Die KJV, dus, "oortreding van die wet " van God), (I Joh. 3:4). `n Ware Christen is derhalwe iemand vir wie die bloed van Jesus Christus se offerdood aangewend is - maar slegs nadat hulle hul sondes erken het en tot inkeer ten aansien van hulle sondes gekom het, (teenoor God die Vader), en Christus as hulle persoonlike Verlosser aanvaar het (Hnd. 3:19, 2:38; Esg. 18:21-23). Bekering beteken letterlik `n verandering in denke en gesindheid asook `n volkome verandering in
optrede. Met bekering draai `n mens letterlik weg van die weg van sonde, (oortreding van God se wet), wat na die dood lei, (Spr. 14:12, 16:25; Mat. 7:13), en begin mens om op die weg van God te wandel - die ware, Christelike lewenswyse (Joh. 14:4-6; Hnd.16:17, 18:25-26; I Joh. 2:3-6).
Om in God se Genade te Lewe
Ten einde `n Christen te word moet mens deur volle onderdompeling in water in
die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, in, gedoop word. Na handeoplegging (Heb. 6:2), ontvang die nuwe bekeerling die gawe van die Heilige Gees vanaf Christus en die Vader, waardeur mens as `n nuwe skepping in Jesus Christus verwek word (Mrk. 1:8; Hnd. 2:38, 8:14-17; II Kor. 1:22; I Joh. 3:9, 22-24). Deur eenvoudig in Jesus Christus en in Sy naam te glo, mens van sonde te bekeer en God die Vader om vergifnis te vra,kom mens onder die reddende genade van God (Rom. 3:23-26, 6:23). Hierdie genade, (wat so kosbaar is!), is die gratis gawe van God - heeltemal onverdiend deur enigiemand. Geen mate van moeite kan ooit naastenby hierdie gawe van God se guns verdien nie. Om "`n goeie mens" te wees kan nie vir mens redding verdien nie, want, God "skuld" redding aan niemand nie! "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie" (Efs. 2:8-9). Wanneer dan gedoop, en na ontvangs van die gawe van God se Heilige Gees - wat
behoort die nuwe bekeerling dan te doen? Kan `n ware Christen steeds soos vantevore bly leef? Beteken, "om onder genade te wees", dat `n mens kan terugkeer en weer die dinge waarvan mens veronderstel is om jou van te bekeer het, te beoefen? Verseker nie! Die apostel Paulus maak dit duidelik dat mens nie mag voortgaan om in sonde te lewe nie - om voortdurend die wette en gebooie van God te oortree nie. Let op Romeine 6:1-3: "Wat sal ons dan sê? Sal ons aanhou sondig sodat die genade meer kan word? MAG DIT NOOIT WEES NIE! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog langer daarin lewe? Of begryp julle nie dat ons, soveel as wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood
in gedoop is nie?".
`n Nuwe Lewe in Christus
Let op hoe Paulus in Romeine ses die nuwe lewe van `n ware Christen beskryf.
"Want as ons saam een geword het in die gelykvormigheid van Sy dood, so sal ons ook gelykvormig wees in Sy opstanding, aangesien ons weet dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is sodat die liggaam van sonde tot niet gemaak kan word, ten einde nie meer langer aan sonde verslaaf te wees nie. Want die een wat dood is vir die sonde, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, want, ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dood nie meer sterf nie, die dood heers nie meer oor Hom nie. Want toe Hy gesterf het, het Hy eens en vir altyd vir sonde gesterf, maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. Netso behoort julle julleself as dood vir sonde te ag maar lewendig vir God deur Christus
Jesus ons Here. Moet daarom nie toelaat dat sonde in julle sterflike liggame heers deur dit in die luste daarvan gehoorsaam nie. Julle moet julle ledemate eweneens nie tot beskikking van sonde as werktuie van ongeregtigheid stel nie, stel julle eerder tot beskikking van God as diegene wat uit die dood lewend geword het, en julle ledemate as instrumente van geregtigheid in diens van God" (Rom. 6:4-13). In beide die gelykenis van die ponde, (Lu. 19:11-27), en die gelykenis van die talente, (Mat. 25:14-30), maak Christus dit duidelik dat, nadat mens `n gawe van God ontvang het, mens nie daarop moet sit of dit begrawe nie - maar om daarop te bou, dit te vermeerder. Christene moet geestelik groei om altyd meer en meer soos Jesus en die Vader te word (II Pet. 1:3-11, 3:18; Efs. 4:11-13, 5:1). Met hierdie doel voor oë bestudeer die ware Christen sy of haar Bybel gereeld, (II Tim. 2:15), om te leer om die voorbeeld
wat Christus gestel het toe Hy op aarde was, te volg (Joh. 13:15, 14:6; I Pet. 2:21; I Joh.2:6). Op hierdie manier lei God mens deur die krag van Sy Heilige Gees en skep Hy in elke ware Christen Sy goddelike karakter, (Efs. 2:10), en die gesindheid van Christus (Fil. 2:5).
Christus se Voorbeeld Wys die Weg aan.
Wat was die voorbeeld wat Jesus Christus vir Sy volgelinge gestel het? Om mee
te begin; Hy het die gebooie van Sy Vader volkome uitgevoer, (Joh. 15:10). Sy
lewensvoorbeeld was egter nie slegs `n wettiese, letter-van-die-wet gehoorsaamheid nie, dit was gehoorsaamheid vanuit die hart want Hy het die Vader met Sy hele wese lief gehad. `n Ware Christen moet God die Vader en Jesus Christus met sy hele hart, sy hele verstand, sy hele siel en met al sy krag lief hê - wat die grootste gebod van almal is (Mat.22:37-40). In hierdie skrifgedeelte verklaar Jesus dat LIEFDE, hetsy vir God of naaste, die basis vorm van die hele geestelike wet van God. Elke voorskrif van die wet
vertel ons eintlik maar net hoe om lief te hê. En ook, daar is `n gees en bedoeling onderliggend tot elke wet en opdrag van God - en daardie bedoeling word ten beste opgesom in een woord, LIEFDE. Wanneer God vir ons sê om iets te doen, (of nie te doen nie), is Sy beweegrede daarvoor altyd liefde (I Joh. 4:8).
In die bergpredikasie, (Mat. 5, 6, 7), het Christus `n oorsig gegee van hoe die gees en bedoeling van die wet uiting vind in persoonlike lewenswandel. Geloof in die beginsels wat Hy geleer het is egter nie genoeg nie - want hulle is van geen waarde nie TENSY mens hulle toepas en daarvolgens leef nie, Mat. &:24-27). `n Ware Christen - wat God lief het en wat weet dat Sy wette op liefde gebasseer is - sal in geloof uit die hart uit gehoorsaam wees, wat Hy ookal van hom of haar vra, (Joh. 14:15; I Joh. 5:3). `n Christen se gehoorsaamheid sal ook nie op vrees gebasseer wees nie, (vrees om saligheid te verloor nie, ens.), ook nie omdat dit hulle iets sal "verdien"nie - maar sal gemotiveer word deur hulle liefde tot God en omdat hulle verstaan dat hartgrondige gehoorsaamheid
hulle in staat stel om meer en meer soos God die Vader en Jeus Christus te word. Baie mense dink ongelukkig verkeerdelik dat liefde en gehoorsaamheid aan God se gebooie op een of ander manier teenoorgesteldes is - teenoor mekaar staan. Niks is verder van die waarheid verwyder nie! Baiemaal sal mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Christene is sê dat hulle "die Here lief het", of, dat hulle "die Here ken", en tog versuim om Hom te gehoorsaam. Die apostel Johannes het `n antwoord vir sulke mense. "En aan hierdie maatstaf weet ons dat ons Hom ken: as ons Sy gebooie bewaar [gehoorsaam]. Hy wat sê, ' Ek ken Hom ', en Sy gebooie nie bewaar [gehoorsaam]nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat Sy woord bewaar [gehoorsaam], in hom word die liefde van God waarlik vervolmaak. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy
gewandel het." (1Joh. 2:3-6).
`n Gees-geleide Lewe
Baie kerkgangers meen hulle is alreeds taamlike goeie mense. Die apostel Paulus egter - nadat hy verhaal hoe dat hy ook gedoen het wat nie reg is nie - het van homself gesê, "Ek, ellendige mens!" (Rom. 7:14-24). Hoekom het `n heilige apostel en man van God homself, "ellendig", genoem? Omdat hy verstaan het dat sy eie menslike natuur nie goddelik was nie - en hy eerlik en nederig genoeg was om dit te erken. Net so het hy erken dat - selfs na sy bekering - sy ou vleeslike aard hom steeds tot sonde gelei het waaroor hy tot inkeer moes kom en vergifnis voor moes vra. Let op sy verduideliking van menslike natuur in Romeine 8:7-14: "omdat wat die vlees [die verstand van die onbekeerde] bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik
die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die Gees is lewe vanweë die geregtigheid. En as die Gees van Hom wat Jesus uit die ode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur Sy Gees wat in julle woon. Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. `n Ware Christen is iemand wat deur die Gees van God gelei word. Ten einde in daardie Gees te groei, (wat benodig word om God te gehoorsaam en om te groei om al hoe meer soos Hy te word), put `n ware Christen uit die Heilige Gees deur gereelde gebed en Bybelstudie asook, by geleentheid, deur te vas. Christus het Sy dissipels geleer om te bid, (Mat. 6:5-15; Luk. 18:1-14), en het `n voorbeeld gestel deur elke dag met gebed te begin, (Mrk. 1:35). Die Bybel is die "God-ge-ademde"woorde van God, (II Tim.
3:16; I Pet. 1:11-12), en is `n kragtige bron van God se Gees. Met verwysing na die woorde self, wat Hy gespreek het, het Christus gesê "die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe" (Joh. 6:63). Hy het ook die korrekte benadering tot vas geleer, (Mat.6:16-18). Iemand mag dalk vra, "Hoe pas geloof hierby in?" In hoofstuk 11 van Hebreërs, (baiemaal die "geloofshoofstuk" genoem), vind ons voorbeeld op voorbeeld van diegene wat "deur geloof" iets uitgevoer het wat God beveel het. In elke geval het daardie getroues hulle geloof gedemonstreer deur hulle gehoorsaamheid aan God. Geloof en gehoorsaamheid gaan ongetwyfeld hand-aan-hand, (Heb. 11:7-38; Opb. 14:12). Om te dink dat hulle op een of ander manier teenoor mekaar staan, is `n reuse fout. `n Ware Christen se geloof sal ten toon gestel word deur wat hy of sy doen, (Jak. 2:17-18, 26). Dit was Abraham se gehoorsaamheid aan God, deur geloof, wat hom "die vader van die gelowiges" gemaak het, (Jak. 2:21-24). Wanneer Christus terugkeer bring Hy Sy beloning saam en sal "elkeen...vergeld soos sy werk sal wees", (Opb. 22:12). Ten laaste sal `n ware Christen, wanneer moontlik, gemeenskap hou met ander van dieselfde denke - weereens volgens die voorbeeld van Jesus Christus, (Mrk. 1:21;Heb. 10:25). Deur met mekaar gemeenskap te hou, hou Christene ook gemeenskap met God, (I Joh. 1:3) - gevolglik versterk hulle hul verhouding met God en groei in Sy Weg. `n Ware Christen demonstreer sy of haar liefde vir mekaar deur diens en deur, wat die
materiële betref, aan die in nood te gee, (Mat. 25:31-46; I Joh. 3:17-18) - sowel as om vir mekaar te bid en mekaar aan te moedig, (Jak. 5:16). Al hierdie dinge gee uitdrukking aan die ware liefde van God. Dit dan, is die Bybelse beskrywing van `n ware Christen - iemand wat, deur God se genade, weggedraai het van `n lewe van sonde en dood na `n lewe van liefde,
gehoorsaamheid en goeie werke van geloof en versterk deur die Heilige Gees van God.
[1] Skrifverwysings: Gen.1:26 Effs.3:9-21 I Joh.4:8 Dan.7:9-10 Effs.1:3-5,9-10 Openb.1:14-16 Kol.1:12-27 Joh.4:24 Psalm. 19:1-8 Psalm.8:1-7 Jes.40:12-28, 57:15 Rom.1:20
[2] Skrifverwysings: I Joh.4:8,16 Joh.6:44 Joh.8:16-18 Joh.1:1-2, 17-18 Joh.14:28 Effs.3:14-19 Joh.16:27 Heb.1:1-2, 2:3-9 Effs.4:4-6 Mat.11:27 I Kor.15:24-28 Openb.21:22
[3] Skrifverwysings: Joh.1:1-3 Fill.2:6-11 Effs.1:6-23 Heb.2:9-14 Heb.4:14-16 Heb.5:7-9 Rom.8:3, 29 Openb.1:5,13-16 Openb.5:9-10 Rom.5:8 Joh.3:16 Joh.17:1-26 I Joh.2:1-2 Openb.13:8 Kol.1:14-20
[4] Skrifverwysings: Gen.1:26-27 Psalm.8:3-7 Sag.12:1 Gen.2:7-25, 3:1-19 I Kor.2:11 Eseg.18:4, 20 Mrk.7:21-22 Rom.8:7-8 Heb.9:27 Pre.3:19-21, Kor.15:21-22, 44-56 Openb.21:7 I Joh.3:1-3 Fill.3:21
[5] Skrifverwysings: Deut.4:37 Joh.3:16 Rom.5:7-8 I Joh.3:1 Psalm.145:8 I Joh.4:8-10, 16 Heb.12:6 Joh.16:27, 14:21 Effs.2:4-10.
[6] Skrifverwysings: Efs.2:4-10, 4:7 I Joh.3:6-8 Rom.5:1-11, 15-18 Rom.3:22-25, 2:4 Gal.2:20 Rom.4:1-13 Psm.103:2-4 Gal.1:15 Gal.5:1-4 Jes.55:6-7 Jud.4, 21 Gen.6:8 II Tim.1:9 I Kor.15:10 Rom.11:5-6 Efs.1:3-9 Efs.3:1-21 I Pet.5:10.
[7] Skrifverwysings:Openb.2:26 Dan.2:44 Mig.4:1-4 Opb.3:12, 21 Heb.11:13-16 I Kor.15:50-54 Opb.5:10 Jes.11:1-10 Kol.1:13 Opb.21 Jes.66:22-23 Joh.3:3-7.
[8] Skrifverwysings:
I Pet.4:17 Mig.4:1-4 Heb.10:26-27 Rom.2:16 Hnd.10:42 Opb.20:11-14 Rom.14:10-12 II Pet.2:9 Opb.20:5-6 I Sam.16:7 II Tim.4:8 Esg.37:12-14.